Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dankie
dankie [boodskap #126620] Vr, 14 Junie 2019 18:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dankie
Afbreking: dankie
Samestelling: dank + -ie
Uitspraak: /ˈdɑŋki/




Selfstandige naamwoord: dank
Meervoud:
Verkleinwoord: dankie
Meervoud van verkleining: dankies

Betekenis:
• Gee dankbaarheid te kenne; dankbetuiging.

Gebruik:
• Ons sê baie, baie dankie, ons sê baie, baie dankie… vir 'n lekker kos!
Dankie vir hierdie skone môre; Dankie vir hierdie nuwe dag; Dankie dat U oor my gewaak het deur die, donker nag. [Lance James]

Spreekwoord:
Dankie my hartjie, 'n soentjie en 'n kwartjie. [Gesê as iemand nies.]

Verwant:
• danksy
• dankbaar

Vertaling:
Engels: thanks, thank you
Nederlands: dankje, dank je
Xhosa: enkosi


Tussenwerpsel: dankie

Betekenis:
• 'n Uitroep as iemand wys dat hy iets waardeer en baie dankbaar is.

Gebruik:
Dankie! Ek waardeer dit baie.

Vertaling:
Engels: thanks, thank you
Nederlands: dankje, dank je

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: brood
Volgende onderwerp: voorsetsel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:32:09 MGT 2024