Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » brood
brood [boodskap #126619] Vr, 14 Junie 2019 18:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Brood
Brood
brood
Afbreking: brood
Uitspraak: /bruə̯t/




Selfstandige naamwoord: brood
Meervoud: brode
Verkleinwoord: broodjie
Meervoud van verkleining: broodjies

Betekenis:
• (voeding) Voedsel van gebakte meeldeeg.
• Algemene lewensonderhoud.

Gebruik:
• Die bakker bak vroegoggend brood. Daar is niks so lekker as varsgebakte brood met plaasbotter nie.
• Gee ons elke dag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons sondes.

Spreekwoord:
• Hy eet droë brood. [Hy is baie arm.]
• Dis botter op sy brood. [Dit sterk hom in sy kwaad.]
• Hy kla met 'n wit brood onder die arm. [Kla onnodig.]
• Hy lewe van brood en water. [Hy voer 'n hongerbestaan.]
• Die een se dood is die ander se brood. [Die dood of ondergang van een persoon bevoordeel meestal 'n ander persoon.]
• Die ou profete is dood en die jonges eet brood. [Skertsend gesê van iemand wat sonder genoegsame grond voorspellings maak.]
• Elke ma dink haar krummeltjie is 'n brood. [Elke mens dink sy eie is die beste.]
• Iemand se brood uit sy mond neem. [Sy inkomste, verdienste wegneem.]
• Krummels is ook brood. ['n Mens moet klein dingetjies ook kan waardeer.]
• 'n Klip vir brood gee. [Die onbruikbare en waardelose vir die nodige gee.]
• 'n Leuen in nood is so goed soos 'n stukkie brood. ['n Leuen om jouself of ander uit die moeilikheid te help, kan dalk verskoon word.]
• 'n Mens kan nie van brood alleen lewe nie. [Die geestelike is belangriker as die fisiese.]
• 'n Pak op sy tyd is soos brood en konfyt. ['n Kind moet gereeld gestraf word.]
• Vir vandag se brood kry jy môre se koek. [ Wie goed doen, word geseën.]
• Werp jou brood op die waters. [Doen goed sonder om beloning te verwag.]
• Wie se brood 'n mens eet, dié se woord 'n mens spreek. [Jy steun die persoon van wie jy vir jou bestaan afhanklik is.]

Hiponiem:
• bruinbrood
• rogbrood
• semelbrood
• stokbrood
• witbrood

Afgelei:
• broodpan
• broodrooster

Vertaling:
Engels: bread, loaf
Nederlands: brood

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: baba
Volgende onderwerp: dankie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:46:18 MGT 2024