Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nee (néé)
nee [boodskap #126587] Wo, 12 Junie 2019 13:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19139
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nee
Afbreking: nee
Uitspraak: /niəː/




Bywoord: nee

Betekenis:
• Dui ontkenning aan; as mens nie met iets saamstem nie of negatief wil reageer; die teengestelde van ja.
• Deel van 'n uitroep om teleurstelling aan te dui.

Gebruik:
Nee, ek sal nie gaan lê nie. Nee, ek sal dit nie gelate aanvaar nie.
• A nee a! Ag nee man!

Spreekwoord:
• Laat jou ja ja wees en jou nee nee. [Wees beslis.]

Sinoniem:
• negatief

Antoniem:
• ja

Verwant:
• ja-nee

Vertaling:
Duits: nein
Fanagalo: cha
Engels: no
Nederlands: nee, neen

Nota:
• Die beklemtoning van "nee" kry twee akuuttekens: "Néé, mense!"
• Pas op om nie "nee" met "née" te verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ja
Volgende onderwerp: née
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 22:43:22 MGT 2024