Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » holoniem
holoniem [boodskap #126571] Wo, 12 Junie 2019 08:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
holoniem
Afbreking: ho•lo•niem



Selfstandige naamwoord: holoniem
Meervoud: holonieme
Verkleinwoord: holoniempie
Meervoud van verkleining: holoniempies

Betekenis:
• (taalkunde) 'n Woord wat aandui waarvan 'n ander begrip 'n deel is.

Gebruik:
• Die woord "mes" is die holoniem van die woorde "lem" en "hef", want dit is dele van 'n mes.
• Liggaam is 'n holoniem van sowel arm, been as hart.
• Woord en sin is beide 'n holoniem van letter.

Antoniem:
• meroniem

Verwant:
• sinoniem
• antoniem
• homofoon
• homoniem
• homograaf
• hiperoniem
• hiponiem
• toponiem
• meroniem

Vertaling:
Engels: holonym
Nederlands: holoniem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meroniem
Volgende onderwerp: woordeboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:52:00 MGT 2024