Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hiperoniem
hiperoniem [boodskap #126567] Wo, 12 Junie 2019 07:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19136
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hiperoniem
Afbreking: hi•pe•ro•niem



Selfstandige naamwoord: hiperoniem
Meervoud: hiperonieme

Betekenis:
• Woord wat verwys na 'n superklas of groter afdeling van 'n nouer of meer spesifieke klas.

Gebruik:
• Dier is 'n hiperoniem van voël, wat op sy beurt weer 'n hiperoniem is van mossie.
• "Groente" is 'n hiperoniem (superklas) van die onderklasse "blomkool", "wortels", "kool" en "boontjies".
• "Vrug" is die hiperoniem van "koejawel", "appel" en "aalbessie".

Sinoniem:
• superordinaat

Antoniem:
• hiponiem

Verwant:
• sinoniem
• antoniem
• homofoon
• homoniem
• homograaf
• hiponiem
• toponiem
• holoniem
• meroniem

Vertaling:
Engels: hypernym
Nederlands: hyperoniem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: homograaf
Volgende onderwerp: hiponiem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 13:23:18 MGT 2024