Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grootte
grootte [boodskap #126555] Di, 11 Junie 2019 18:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grootte
Afbreking: groot•te




Selfstandige naamwoord: grootte
Meervoud: groottes

Betekenis:
• Hoe groot iets is; afmeting en dimensie van 'n voorwerp; mate; omvang.

Gebruik:
• Wat is die grootte van jou skoene?

Spreekwoord:
• Klein van persoon, maar groot van patroon. [Iemand se verstand en bekwaamheid word nie na sy liggaamlike grootte beoordeel nie.]

Sinoniem:
• maat
• omvang

Afgelei:
• grootteorde
• medium-grootte
• standaardgrootte

Homofoon:
• grote (fisies groot, volwasse of volgroeid)

Vertaling:
Engels: size, extent, greatness, tallness
Nederlands: grootte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: demokratiese
Volgende onderwerp: vrye
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:16:26 MGT 2024