Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geskenk
geskenk [boodskap #126536] Ma, 10 Junie 2019 06:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Toegedraaide geskenke.
Toegedraaide geskenke.
geskenk
Afbreking: ge•skenk




Selfstandige naamwoord: geskenk
Meervoud: geskenke
Verkleinwoord: geskenkie
Meervoud van verkleining: geskenkies

Betekenis:
• Iets wat iemand vir iemand anders gee sonder om iets terug te verwag.

Gebruik:
• Onthou om vir jou suster 'n geskenk vir haar verjaarsdag te koop.
• Wat se geskenk het jy vir Kersfees gekry?

Sinoniem:
• kado (ongewoon)
• persent

Hiponiem:
• trougeskenk
• verjaarsdaggeskenk

Afgelei:
• geskenkbewys
• geskenkpapier
• geskenkwinkel

Vertaling:
Engels: gift, present
Latyn: xenium
Nederlands: cadeau, geschenk
Zoeloe: isipho

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vliegtuig
Volgende onderwerp: mark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:48:17 MGT 2024