Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mark
mark [boodskap #126537] Ma, 10 Junie 2019 06:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mark
Afbreking: mark




Selfstandige naamwoord: mark
Meervoud: markte, marke
Verkleinwoord: markie
Meervoud van verkleining: markies

Betekenis:
• (handel) Plein of straat waar handelaars hul ware aan klante verkoop.
• (ekonomie) Die omstandighede van vraag en aanbod na produkte of dienste wat teen 'n bepaalde prys verhandel word.
• Voormalige Duitse geldeenheid.

Gebruik:
• Ek gaan mark toe om groente en vrugte te koop.
• Daar is nie meer 'n mark vir ou karre soos die nie.
• Die Bundesbank het die Duitse mark beheer tot die euro in 2002 ingevoer is.

Hiponiem:
• aandelemark
• afsetmark
• arbeidsmark
• supermark
• teikenmark
• vlooimark

Afgelei:
• markaandeel
• markdag
• markgerig
• markkrag
• markleier
• marknavorsing
• markontleder
• markplein
• markprys
• marksegment
• markwaarde

Vertaling:
Engels: market, market-place; Deutsche Mark
Nederlands: markt; mark

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geskenk
Volgende onderwerp: oorgeneem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 23:44:37 MGT 2024