Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vliegtuig
vliegtuig [boodskap #126535] Ma, 10 Junie 2019 06:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ou vliegtuig.
'n Ou vliegtuig.
vliegtuig
Afbreking: vlieg•tuig
Samestelling: vlieg + tuig




Selfstandige naamwoord: vliegtuig
Meervoud: vliegtuie
Verkleinwoord: vliegtuigie
Meervoud van verkleining: vliegtuigies

Betekenis:
• 'n Vervoermiddel wat ontwerp is om deur die lug te reis; masjien wat tot atmosferiese vlugte in staat is.

Gebruik:
• Ons reis per vliegtuig.
• Die broers Wilbur en Orville Wright het die eerste bemande, kragaangedrewe "vliegmasjien" of vliegtuig in hulle fietswinkel in Ohio gebou.

Hiperoniem:
• lugvaartuig
• voertuig

Hiponiem:
• ambulansvliegtuig
• modelvliegtuig
• vegvliegtuig

Afgelei:
• vliegtuigkaartjie
• vliegtuigongeluk
• vliegtuigreis
• vliegtuigskroef

Verwant:
• vlieënier
• lugredery

Vertaling:
Engels: aeroplane, aircraft
Nederlands: vliegtuig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: belydende
Volgende onderwerp: geskenk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:51:01 MGT 2024