Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bewys
bewys [boodskap #126519] So, 09 Junie 2019 15:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19138
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bewys
Afbreking: be•wys




Werkwoord: bewys
Verlede tyd: het bewys
Verlede deelwoord: bewese

Betekenis:
• Wys dat iets waar is of wel gebeur het; grond vir sekerheid verskaf; aantoon; staaf.
• Diens lewer; iets vir iemand doen.

Gebruik:
• Kan u die bewering bewys?
• Kan jy my 'n guns bewys?

Spreekwoord:
• Met vers en kapittel bewys. [Behoorlik in fyn besonderhede bewys.]

Vertaling:
Engels: to prove, favour
Nederlands: bewijzen


Selfstandige naamwoord: bewys
Meervoud: bewyse
Verkleinwoord: bewysie
Meervoud van verkleining: bewysies

Betekenis:
• Dit wat die juistheid van 'n bewering onweerlegbaar vasstel.
• Skriftelike blyk van iets; bewysstuk (soos 'n kwitansie).

Gebruik:
• Die wiskundige bewys (dat daar oneindig baie priemgetalle bestaan) is onweerlegbaar.
• Die strokie dien as bewys dat jy betaal het.

Spreekwoord:
• Skyn nóg skaduwee van bewys. [Hoegenaamd niks bewys nie.]

Hiponiem:
• geskenkbewys
• koopbewys
• kredietbewys
• ontvangsbewys

Afgelei:
• bewysstuk

Vertaling:
Engels: proof, evidence, token
Nederlands: bewijs

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: studies
Volgende onderwerp: geestelike
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 14:44:39 MGT 2024