Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » natuur
natuur [boodskap #126454] Vr, 07 Junie 2019 18:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
natuur
Afbreking: na•tuur




Selfstandige naamwoord: natuur
Meervoud:

Betekenis:
• Die fisiese of materiële wêreld; alles wat nie deur mense gemaak is nie, soos plante en bome.
• Die eienskappe wat tipies van 'n mens of dier is, ook die lewe in die algemeen.

Gebruik:
• Hoewel die mens self tot die natuur hoort, word die menslike invloed nie tot die natuur gereken nie.
• Dit is in die mens se natuur om vir eie gewin op te tree.

Spreekwoord:
• Dit is soos tweede natuur. ['n Baie sterk gewoonte.]
• Die natuur is sterker as die leer. [Ten spyte van geleerdheid doen mense nog steeds dinge instinktief.]

Sinoniem:
• aard

Afgelei:
• natuuraanbidder
• natuurbeeld
• natuurbeskrywing
• natuurbewaarder
• natuurbewaring
• natuurbewustheid
• natuurdrif
• natuurgebied
• natuurgenoot
• natuurkenner
• natuurkennis
• natuurkind
• natuurkrag
• natuurkunde
• natuurleer
• natuurlewe
• natuurliefde
• natuurmag
• natuurmens
• natuurvorser
• natuurondersoek
• natuurpark
• natuurproduk
• natuurramp
• natuurreservaat
• natuurryk
• natuurskoon
• natuurstudie
• natuurtoneel
• natuurverskynsel
• natuurvriend
• natuurwet
• natuurwetenskap
• natuurwonder

Vertaling:
Engels: nature
Nederlands: natuur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: belang
Volgende onderwerp: voëls
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 20:30:32 MGT 2024