Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vervoer
vervoer [boodskap #126435] Do, 06 Junie 2019 19:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Verskillende vorme van vervoer.
Verskillende vorme van vervoer.
vervoer
Afbreking: ver•voer




Selfstandige naamwoord: vervoer
Meervoud:

Betekenis:
• Transport; handeling om passasiers en goedere van die een plek na 'n ander te neem.
• Enige middel van transport; vervoermiddel.

Gebruik:
• Skeepshouers word gebruik om die produk na die belangrikste markte te vervoer.
• Het ons al vervoer na die treinstasie?

Sinoniem:
• transport

Vertaling:
Engels: transport
Nederlands: vervoer


Werkwoord: vervoer
Verlede tyd: het vervoer

Betekenis:
• Transporteer; passasiers en goedere elders neem.
• (figuurlik) In emosionele sin meesleep, oorweldig, buite jouself bring.

Gebruik:
• Die taxi het ons na die treinstasie vervoer.
• Sy is vervoer deur die mooi uitsig.

Vertaling:
Engels: to transport, convey, carry
Nederlands: vervoeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opsigte
Volgende onderwerp: Skotland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 21:44:39 MGT 2024