Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » predikatief
predikatief [boodskap #126426] Do, 06 Junie 2019 15:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
predikatief
Afbreking: pre•di•ka•tief
Uitspraak: /pridikɑˈtif/, /pridikəˈtif/




Selfstandige naamwoord: predikatief
Meervoud: predikatiewe

Betekenis:
• Ná die selfstandige naamwoord (s.nw.). Nie as 'n attribuut van die s.nw. nie, maar as die naamwoordelike deel van die gesegde.

Gebruik:
• 'n Byvoeglike naamwoord kan attributief wees (dit staan voor die s.nw. bv. die nuwe skool), of predikatief (na die s.nw. bv. die skool is nuut).
• "Die huis is groot." In hierdie sin staan "groot" ná "huis" (s.nw.), dus is "groot" hier predikatief.
• Mens kan 'n byvoeglike naamwoord soos "lief" sowel predikatief ("'n kind wat lief is") as attributief ("'n liewe kind") gebruik.

Antoniem:
• attributief

Vertaling:
Engels: predicative
Nederlands: predicatief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bewaar
Volgende onderwerp: attributief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:37:37 MGT 2024