DS: [AFRIKAANS:5854] Re: Menser [boodskap #5550] |
Di, 30 Januarie 1996 00:00 |
Robert Wagenaar
Boodskappe: 385 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
----------
Van: Tom Larney[SMTP:...@puknet.puk.ac.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 19:32
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5854] Re: Menser
Reinier skryf:
> Uit die Land des Doppers kry mens dikwels stof tot nadenke. Soos die
> Hervormer, Johannes Calvyn ons in die laaste hoofstuk van die
> Institusie vermaan (ek sien hom in my geestesoog, met vinger verhewe),
> die aardse regering is 'n tydelike bestel - dit mag nie sy eie absolute
> waardes verkondig nie. Is die idee van "fundamentele regte" nie maar
> 'n sekulêre religie nie? Het die mens inderdaad "regte" - die
> "inalienable rights" wat in die Amerikaanse grondwet opgeteken staan?
Ja, die Land des Doppers... Ons is maar 'n minderheid hier in die
Dopperhemel en worstel daarby ook maar met die dinge. (Ja, ek is een,
ten spyte van so 'n ondopperse van soos Larney - my ma was darem 'n
Venter.)
(Ek bewonder jou kennis van Calvyn en van soveel meer. Dis beskamend.
Re^rig.)
Om weer by die ander punt te begin: die twee groot gebooie (dis nou die
waaraan die hele wet en die profete hang) plaas op almal van ons
verpligtinge en sekerlik op die staat nie minder nie. As ek reg onthou
sê die Heidelbergers dat ons ons naaste se belange moet bevorder en het
hulle oor nie een van die tien gebooie 'n alte eng vertolking nie. (Die
osai"ese wette is ook nie heeltemal vry van regte tussen die
verpligtinge deur om die goeie orde onder die volk te handhaaf nie. Ek
huiwer om 'n vers as voorbeeld te noem, want die teoloe" eksegetiseer dit
onder mens uit.)
Natuurlik is jy reg as jy s dat fundamentele regte iets van 'n sekule^re
religie geword het. Op sy beste sou mens hoogstens kon sê dat dit 'n
poging tot operasionalisering van ons verpligtinge was, maar in die
proses het die klem nogal verskuif. Ek kan egter met die beste wil in
die wêreld nie insien dat ons dit daarom saam met die badwater moet
uitgooi nie. Hierdie manier om woorde en konsepte prys te gee aan ander
gedagterigtings het gemaak dat baie van ons Doppers nou nog huiwer om van
'n basaar te praat. (Toemaar, die Gatjieponners en ander het genoeg van
hulle eie stommiteite.)
In kort: die slegte klank van die woord maak nie mense se waarde en
waardigheid as die kroon van God se skepping en die implikasies van God
se orde en sy wet hiervoor tot niet nie. En die staat (natuurlik 'n
tydelike bestel) ontkom nie aan sy verpligting om dit te positiveer nie.
Tom Larney
Ferdinand Postma-Biblioteek / Library, PU vir CHO
Privaatsak X05, 2522 Noordbrug, Suid-Afrika / South Africa
FP...@PUKNET.PUK.AC.ZA Tel: 27-148-2992780
|
|
|
DS: [AFRIKAANS:5913] Re: Menser [boodskap #5566 is 'n antwoord op boodskap #5550] |
Wo, 31 Januarie 1996 00:00 |
Robert Wagenaar
Boodskappe: 385 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
----------
Van: Tom Larney[SMTP:...@puknet.puk.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 15:47
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5913] Re: Menser
Reinier skryf:
> Wat my kwel, is dat, met al die klem op regte, mense hul
> verantwoordelikhede teenoor mekaar vergeet. Maar om dit in die hande
> van die sekulêre owerheid te laat om te bepaal wat hierdie
> verantwoordelikhede is, is ook 'n resep vir onreg. Daarom glo ek dat
> die kerk so 'n belangrike rol in die samelewing speel. Is dit nie ook
> immers wat Calvyn probeer tuisbring het met sy skeiding van kerk
> en staat nie? Elkeen het 'n bepaalde rol in die samelewing, omdat daar
> 'n "double regime" in die mens is.
Ek stem oor die verkeerde klem. Ek verkies daarom ook eerder om te dink
aan verantwoordelikhede of verpligtinge en om die klem daarop te plaas.
aar werk dit nie maar dikwels so dat dinge van die negatiewe kant af
gedefinieer word nie? Selfs my verantwoordelikheid om my naaste se
belange te soek en te bevorder word in die agste gebod as 'n 'mag nie'
gestel om sy eiendomsreg te beskerm.
(Dit was goed om Leendert se uiteensetting van vroee"r vanoggend oor die
twee gedagterigtings oor regte te lees. Ek vind sterk aanklank by die
gedagte dat bepaalde regte inherent is aan die toestand van menswees.
Natuurlik het dit in allerlei filosofiese sisteme allerlei wortels en
uitlopers gehad, maar dis vir my goed terug te voer bloot na God se wet.)
Ek is nie alte seker dat die kerk hom in hierdie verband altyd soveel
beter van sy taak kwyt as die burgerlike owerheid nie. Die geskiedenis
is vol van voorbeelde waar die kerk Christus jammerlik gefaal het.
Natuurlik het die kerk 'n profetiese roeping ook, maar as hy sy roeping
om die gelowiges vir hulle dienswerk toe te rus goed uitvoer, het jy nie
soveel behoefte aan biskoppekonferensies, bree" moderature en
Dopperdeputate om hulle sê oor alles en nog wat te sê nie.
Miskien moet 'n mens liewer van 'n 'multiple regime' as 'n 'double
regime' praat: daar is tog meer samelewingsverbande wat soewerein in eie
kring is. (Kyk hoe gooi ek Kuyper en Dooyeweerd rond sonder om ook maar
bra veel daarvan te weet.) As ek Leendert reg lees, het ek 'n spesmaas
dat hy ook nie opgewonde gaan wees as die kerk inmeng in die ouers se
opvoedingstaak nie. (Ons dominee maak nou die dag by die opening van die
katkisasie (kategese, sondagskool) die punt dat hy nie te baklei sal he^
met ouers wat hulle kinders net tuis in die geloof onderrig nie. Die
kerk se taak is selfs hier ondersteunend; natuurlik het dit wel 'n sê as
dit kom by die oordeel oor die belydenisaflegging / aanneming.) En is
dit nie ook maar rofweg wat ten grondslag le^ aan jou afkeer van die
staat se inmenging in die ekonomiese domein nie?
Tom Larney
Ferdinand Postma-Biblioteek / Library, PU vir CHO
Privaatsak X05, 2522 Noordbrug, Suid-Afrika / South Africa
FP...@PUKNET.PUK.AC.ZA Tel: 27-148-2992780
|
|
|
DS: [AFRIKAANS:5900] Re: Menser [boodskap #5611 is 'n antwoord op boodskap #5550] |
Wo, 31 Januarie 1996 00:00 |
Robert Wagenaar
Boodskappe: 385 Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 12:19
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5900] Re: Menser
Tom Larney skryf:
[knip]
> (Ek bewonder jou kennis van Calvyn en van soveel meer. Dis beskamend.
> Re^rig.)
*fluister* Ek weet eintlik blou-ol van die oubaas af - ek gee net voor
dat ek so baie weet :-)
[knip]
> Natuurlik is jy reg as jy s dat fundamentele regte iets van 'n sekule^re
> religie geword het. Op sy beste sou mens hoogstens kon sê dat dit 'n
> poging tot operasionalisering van ons verpligtinge was, maar in die
> proses het die klem nogal verskuif. Ek kan egter met die beste wil in
> die wêreld nie insien dat ons dit daarom saam met die badwater moet
> uitgooi nie. Hierdie manier om woorde en konsepte prys te gee aan ander
> gedagterigtings het gemaak dat baie van ons Doppers nou nog huiwer om van
> 'n basaar te praat. (Toemaar, die Gatjieponners en ander het genoeg van
> hulle eie stommiteite.)
Die Gatjieponders het gedink apartheid is 'n goeie idee, afgesien van
die ander stommiteite.
> In kort: die slegte klank van die woord maak nie mense se waarde en
> waardigheid as die kroon van God se skepping en die implikasies van God
> se orde en sy wet hiervoor tot niet nie. En die staat (natuurlik 'n
> tydelike bestel) ontkom nie aan sy verpligting om dit te positiveer nie.
Wat my kwel, is dat, met al die klem op regte, mense hul
verantwoordelikhede teenoor mekaar vergeet. Maar om dit in die hande
van die sekulere owerheid te laat om te bepaal wat hierdie
verantwoordelikhede is, is ook 'n resep vir onreg. Daarom glo ek dat
die kerk so 'n belangrike rol in die samelewing speel. Is dit nie ook
immers wat Calvyn probeer tuisbring het met sy skeiding van kerk
en staat nie? Elkeen het 'n bepaalde rol in die samelewing, omdat daar
'n "double regime" in die mens is.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
|
|
|