Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5898] Ons is darem suckers!
DS: [AFRIKAANS:5898] Ons is darem suckers! [boodskap #5567 is 'n antwoord op boodskap #5573] Wo, 31 Januarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 11:39
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5898] Ons is darem suckers!

Voorverlede Sondag berig Rapport dat 'n klein (Afrikaanse) laerskool op Kriel
beset word deur 'n oormag swart ouers wat eis dat hul kinders tot die
skool toegelaat word, ongeag die feit dat die kinders geen woord
Afrikaans of Engels kan praat nie. Dit blyk dat etlike swart kinders
reeds tevore tot die skool toegelaat is en in die klasse sit, al is hul Engels uiters beroerd en
hul Afrikaans afwesig. Die leier van die ouers kan nie verstaan wat
die probleem is nie, want dit is dan juis die funksie van die skool
om die kinders Afrikaans en Engels te leer!

Die kinders en personeel is in 'n toestan van paniek oor die
dreigende horde. Die polisie word ontbied en kan beswaarlik die
ontstoke eisers in toom hou. Leeeelike storie. Dit lyk so sleg. Die
arme onskuldige kinders wat so bedreig word. Dit kan selfs in ander
kringe simpatie verwek vir die arme Afrikaanse kindertjies se
probleem.

Verlede Sondag berig Rapport dat 'n kordon wittes in kakie verhoed
het dat die drie kindertjies van 'n senior swart amptenaar tot 'n
(Afrikaanse) laerskool in Pogietersrus toegelaat word.

Leeeelike storie. Dit lyk so sleg. Hierdie boosaardige wit Afrikaners wat nie
die onskuldige swart kindertjies 'n opvoeding gun nie.

Nou is die balans herstel, die Boere het geval vir die triek, en
hulleself weer in die voet geskiet - op die voorblaaie bewys waarom
dit noodsaaklik is dat "ons" ten minste hulle kinders opvoed volgens
die eise van die "national common purpose" en die norme van die
"common culture".

As iemand hierdie ding versigtig gaan beplan en ge-orkestreer het,
kon dit nie beter afgeloop het vir "ons" saak nie.

(Soos ek gesê het, ek val nie maklik vir swamesweringsteoriee" nie.
Ek raak net bietjie paranoie"s na afloop van die verwikkeleing in die
Witskrif oor Onderwys)

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
DS: [AFRIKAANS:5912] Re: Ons is darem suckers! [boodskap #5573 is 'n antwoord op boodskap #5567] Wo, 31 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: woensdag 31 januari 1996 15:24
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5912] Re: Ons is darem suckers!

Leendert skryf

> (Soos ek gesê het, ek val nie maklik vir swamesweringsteoriee" nie.
> Ek raak net bietjie paranoie"s na afloop van die verwikkeleing in die
> Witskrif oor Onderwys)

Ek val ook nie maklik vir samesweringsteorie"e nie maar die ding op Potgieterrus
lyk vir my te veel na 'n goed georkestreerde storie. Die mense weet dat mens
enige blanke deesdae net 'n "rassis" moet noem en dan eet hy uit jou hand soos
hy/sy oor sy voet val net om te probeer bewys dat hy//sy nie een is nie.

Antonie
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5905] Die nuwe Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika
Volgende onderwerp: Re: Waarom 'Sokker' i.p.v. 'Voetbal' in het Afrikaans?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 01:42:23 MGT 2024