Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » betekenis
betekenis [boodskap #126326] Sa, 01 Junie 2019 10:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18931
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
betekenis
Afbreking: be•te•ke•nis
Uitspraak: /bəˈtiə̯kənəs/




Selfstandige naamwoord: betekenis
Meervoud: betekenisse
Verkleinwoord: betekenissie
Meervoud van verkleining: betekenissies

Betekenis:
• Wat met iets bedoel word; begrip, sin of inhoud; bedoeling of strekking.
• Die belangrikheid van iets; belang; gewig.

Gebruik:
• Soek die betekenis van die woord in woordeboek op.
• Die betekenis van goeie onderwys is geweldig groot.

Sinoniem:
• bedoeling
• belang
• belangrikheid
• boodskap
• definisie
• gevoelswaarde
• gewigtigheid
• inhoud
• konnotasie
• mening
• sin
• strekking
• vertolking

Afgelei:
• betekenisleer
• betekenisloos
• betekenisvol

Afkorting:
• bet.

Vertaling:
Engels: meaning, sense, significance; importance, consequence
Nederlands: betekenis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: steun
Volgende onderwerp: onafhanklike
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 12:48:50 MGT 2024