Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oop
oop [boodskap #126322] Sa, 01 Junie 2019 09:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die deur is oop.
Die deur is oop.
oop
Afbreking: oop
Uitspraak: /ʊə̯p/




Byvoeglike naamwoord: oop
Vergrotende trap: oper
Oortreffende trap: oopste
Attributief: ope
Intensief: wawyd oop

Betekenis:
• Nie toe nie, sodat iets of iemand daardeur kan beweeg.
• Nie gesluit nie.
• Nie bedek of beset nie; onbeset.
• In bedryf.

Gebruik:
• Die hek is oop.
• Moenie snags met oop deure slaap nie.
• Is hierdie sitplek oop?
• Is die winkel nog oop?

Spreekwoord:
• Hy speel oop kaarte. [Hy is eerlik.]
• Hy het 'n oop hand. [Hy is vrygewig.]
Oop en bloot. [Dit word nie verbloem nie.]
• Alle deure staan vir hom oop. [Hy is oral welkom.]
• Die ark is vandag behoorlik oop. [Almal kom kuier.]
• Hou 'n agterdeur oop. [Sorg vir 'n moontlike uitweg.]
• Die sluise van die hemel trek oop. [Dit reën vreeslik hard en baie.]
• Die jag is toe, maar die geweer se loop is oop. [Al is die jag toe, skiet sommige mense nog.]

Antoniem:
• toe

Afgelei:
• oopgaan
• oophou
• oopmaak
• oopskeur
• ooptrek
• oopvou

Vertaling:
Engels: open; unlocked; empty, bare, vacant; open
Nederlands: open

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lughawe
Volgende onderwerp: insluitende
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 09:47:15 MGT 2024