Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sake
sake [boodskap #126274] Wo, 29 Mei 2019 14:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sake
Afbreking: sa•ke



Selfstandige naamwoord: saak
Meervoud: sake
Verkleinwoord: sakie
Meervoud van verkleining: sakies

Betekenis:
• Meervoud van saak; meer as een saak. Aangeleenthede; sakebedrywighede; regsgedinge.

Gebruik:
• Hierdie sake moet dringend aandag kry.
• Ons doen al jare lank met sy familie sake.
• Dokters het al hierdie sake teen die tabakindustrie gefinansier.

Spreekwoord:
• Hy is aan die roer van sake. [Aan die hoof.]
• Gedane sake het geen keer nie. [Aan wat reeds gebeur het, kan niks verander word nie.]

Afgelei:
• sake-adres
• sake-ete
• sake-ure
• sakebelange
• sakebesoek
• sakebrief
• sakegebied
• sakekennis
• sakeman
• sakeplan
• sakevennoot
• sakevernuf
• sakevertroue
• sakevrou
• sakewêreld

Vertaling:
Engels: things, cases, causes, matters, businesses, affairs, concerns, trades
Nederlands: zaken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: genoeg
Volgende onderwerp: goue
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:28:22 MGT 2024