Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » goue
goue [boodskap #126275] Wo, 29 Mei 2019 14:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18936
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
goue
Afbreking: goue



Byvoeglike naamwoord: goud
Attributief: goue

Betekenis:
• Attributiewe vorm van goud: van die edelmetaal gemaak; met 'n heldergeel kleur soos die metaal.

Gebruik:
• Die Boere het goue munte geslaan.
• Sy het die pot met goue verf geverf.

Spreekwoord:
• Iemand goue berge beloof. [Mooi beloftes maak.]
• Iets in goue letters skryf. [Vereer , hoogag.]
• Met die goue lepel gebore. [Baie voorspoedig.]
• Die hen wat die goue eiers lê. [Die bron wat baie voordeel bring.]
• Al dra 'n aap 'n goue ring, hy is en bly 'n lelike ding. [Mooi klere alleen maak nie die man nie.]

Vertaling:
Engels: gold, golden
Nederlands: gouden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sake
Volgende onderwerp: anders
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 15:41:13 MGT 2024