Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klas
klas [boodskap #126250] Di, 28 Mei 2019 20:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18936
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
klas
Afbreking: klas
Uitspraak: /klɑs/




Selfstandige naamwoord: klas
Meervoud: klasse
Verkleinwoord: klassie
Meervoud van verkleining: klassies

Betekenis:
• (onderwys) 'n Groep leerders wat saam by 'n skool les kry.
• (onderwys) 'n Lokaal waar leerders les kry; klaskamer; leslokaal.
• (onderwys) 'n Reeks lesse; studierigting.
• (biologie) Kategorie, wetenskaplike groepering.
• Afdeling van 'n trein of vliegtuig (indeling volgens gerief en reisvrag).
• Soort; tipe; gehalte; kwaliteit.

Gebruik:
• Môre klas! Maak julle boeke oop op bladsy 12.
• Hy doen sommer sy huiswerk in die klas.
• Sy loop klas in staatsreg.
• Die padda en die salmander behoort tot die klas Amphibia.
• Hy vlieg net eerste klas.
• Moet jou nie met daardie klas mense ophou nie.

Afgelei:
• biologieklas
• chemieklas
• wiskundeklas

Vertaling:
Engels: class; classroom; grade; form; category
Nederlands: klas


Werkwoord: klas
Verlede tyd: het geklas

Betekenis:
• Rangskik; volgens graad, klas, gehalte, grootte of soort groepeer, skei.

Gebruik:
• Die werkers klas die wol volgens kwalitiet.
• Toetse gedoen om te kyk of die wol reg geklas is.

Sinoniem:
• klasseer
• klassifiseer

Vertaling:
Engels: to class

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: regte
Volgende onderwerp: heilige
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 15:36:19 MGT 2024