Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » regte
regte [boodskap #126249] Di, 28 Mei 2019 20:25
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18934
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
regte
Afbreking: reg•te




Selfstandige naamwoord: reg
Meervoud: regte
Verkleinwoord: reggie
Meervoud van verkleining: reggies

Betekenis:
• Meervoud van reg; meer as een reg. Reëls wat toegepas en vryhede wat geniet word.

Gebruik:
• Die konstabel lees sy regte vir hom voor.

Spreekwoord:
• Jy moet op jou regte staan. [Eis wat jou toekom.]
• Hy is 'n regte Aprilrammetjie! Hy kuier by meisies wat baie ouer as hyself is.]
• Hy is 'n regte bloedsuier. [Hy is 'n hardvogtige woekeraar.]
• Hy is 'n regte Jan Salie. ['n Sukkelaar.]
• Hy is 'n regte kaartmannetjie. [Iemand wat lewendig is en baie bewegings maak.]
• Hy is 'n regte karnallie. ['n Ondeunde, onnutsige persoon.]
• Hy is 'n regte lieplapper. [Nikswerd persoon.]
• Hy is 'n regte lolpot. [Iemand wat gedurig neul.]
• Hy is 'n regte niksnuts. [Iemand wat niks beteken nie.]
• Sy is 'n regte Amasone. [Verwys na 'n robuuste vrou.]
• Sy is 'n regte draaikous. [Sukkel om vinnig te werk of klaar te maak.]
• Sy is 'n regte kruidjie-roer-my-nie. ['n Kortgebonde persoon.]
• Sy is 'n regte senuweeorrel. ['n Besonder senuagtige persoon.]
• Sy is 'n regte ydeltuit. [Sy is hoogmoedig.]

Afgelei:
• menseregte

Vertaling:
Engels: righs, laws, duties
Nederlands: rechten


Byvoeglike naamwoord: reg
Attributief: regte

Betekenis:
• Attributiewe vorm van reg: Goed en korrek; gereed en klaar; werklik of eg.

Gebruik:
• Doen eerder die regte ding.

Sinoniem:
• korrekte

Vertaling:
Engels: righ, just, true
Nederlands: rechte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kop
Volgende onderwerp: klas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 14:14:44 MGT 2024