Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kop
kop [boodskap #126248] Di, 28 Mei 2019 20:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Perd se kop.
'n Perd se kop.
kop
Afbreking: kop
Uitspraak: /kop/




Selfstandige naamwoord: kop
Meervoud: koppe
Verkleinwoord: koppie
Meervoud van verkleining: koppies

Betekenis:
• Boonste of voorste deel van 'n mens of dier se liggaam wat deur die nek aan die lyf verbind is; hoof.
• Setel van die denkvermoë.
• Persoon, enkeling, indiwidu.
• Ronderige heuwel.
• Gelykop in 'n wedren.
• Deel van die mielieplant wat die saad bevat.
• Die voorste deel van iets in die algemeen.

Gebruik:
• My kop is seer.
• Moenie jou kop daaroor breek nie.
• Net twee drankies per kop.
• Kom ons klim die kop uit.
• Die seuns hardloop kop aan kop.
• Trek die blare van die kop af.
• Die motors het kop teen kop gebots.

Spreekwoord:
• Al staan jy op jou kop. [Al doen jy ook wat.]
• As dit so is, laat ek my kop afkap. [Ek glo dit glad nie.]
• Daar maal iets in sy kop. [Hy dink gedurig aan iets.]
• Die kop net bo die water hou. [Met moeite net genoeg verdien om aan die lewe te bly.]
• Die wêreld staan op sy kop. [Alles is deurmekaar.]
• Ek is so honger dat ek 'n spyker se kop kan afbyt. [Doodhonger.]
• Ek kan nie kop of stert uitmaak nie. [Kan dit glad nie verstaan nie.]
• Ek weet nie waar ek my kop moet insteek nie. [Baie skaam wees.]
• Hulle het kop uitgetrek. [Jou aan iets onttrek.]
• Hulle is kop in een mus. [Beplan dinge saam.]
• Hulle sit 'n prys op sy kop. [Beloning aanbied om iemand te vang.]
• Hy bekyk my van kop tot tone. [Iemand van bo tot onder bekyk.]
• Sy het geen lui haar op sy kop. [Baie fluks en ywerig.]
• Hy het kop verloor. [Beheer verloor.]
• Sy het 'n goeie kop. [Hy is slim.]
• Hy het 'n harde kop. [Hy is koppig.]
• Sy is met die kous oor die kop huis toe. [Teleurgesteld terugkom.]
• Hy praat my 'n gat in die kop. [Hy praat my om.]
• Sy slaan die spyker op die kop. [Hy sê net die regte ding.]
• Hy staan met sy kop voor sy bors. [Skaam en terneergedruk.]
• Iemand se kop tussen sy ore sit. [Iemand 'n les leer of berispe.]
• Jou kop breek oor iets. [Jou bekommer oor iets.]
• Jou kop in 'n bynes steek. [Jou met 'n saak bemoei wat groot moeilikheid kan veroorsaak.]
• Jou kop op 'n blok sit. [Baie seker wees van iets.]
• Jou kop stamp. ['n Nederlaag ly; Onoorkomelike moeilikheid ondervind.]
• Jou oë uit jou kop skaam. [Baie skaam wees.]
Kop en skouers bo die res wees. [Iemand se meerdere wees.]
• 'n Mens sien hom voor die kop, maar nie in die krop. [Iemand na die uiterlike beoordeel.]
• Sy het geen bang haar op haar kop nie. [Glad en geheel nie bang nie.]
• Sy het geen ore aan haar kop nie. [Sy is ongehoorsaam.]
• Sy het 'n kop op haar lyf. [Sy is knap / slim.]
• Sy het vir hom 'n kop aangesit. [Sy het hom vir die gek gehou.]
• Sy kop is deur. [Hy is gered; was suksesvol.]
• Sy kop is op hol. [Iemand weet nie meer wat hy doen nie.]
• Sy kop word gewas. [Iemand goed berispe.]
• Sy sit op sy kop. [Baasspeel oor iemand.]

Afgelei:
• blondekop
• domkop
• grootkop
• halsoorkop
• hardekop
• kaalkop
• kaaskop
• knopkop
• kopseer
• korrelkop
• mopkop
• pampoenkop
• penkop
• poenskop
• slimkop
• voorkop

Vertaling:
Engels: head; head; head; hill; tie; cob; head-on
Nederlands: kop
Xhosa: intloko


Werkwoord: kop
Verlede tyd: het gekop

Betekenis:
• Om koppe te vorm, soos by mielies en kool.
• Om iets te verstaan.

Gebruik:
• Die mielies is besig om te kop.
Kop jy die somme?

Vertaling:
Engels: to form a cob; understand
Nederlands: koppen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: energie
Volgende onderwerp: regte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:57:58 MGT 2024