Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » volk
volk [boodskap #126246] Di, 28 Mei 2019 19:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18934
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
volk
Afbreking: volk
Uitspraak: /foɫk/




Selfstandige naamwoord: volk
Meervoud: volke, volkere
Verkleinwoord: volkie
Meervoud van verkleining: volkies

Betekenis:
• Mense wat assosieer en 'n eenheid vorm; deur taal, sedes en historiese ontwikkeling kultureel saamhorig is.
• Alle mense in 'n land; groep wat tot dieselfde staat behoort.
• Alle onderdane saam.
• Mense van laer sosiale klasse; die gewone mense; gepeupel; werkers.

Gebruik:
• Afrikaners se kookkuns het saam met die volk se herkoms uit verskeie oorde ontwikkel.
• Die Franse volk staan bankvas agter hul president.
• Die koning het sy volk toegespreek.
• Hy is 'n man van die volk.

Spreekwoord:
• Vir volk en vaderland. [Vir jou land opoffer.]

Sinoniem:
• nasie

Afgelei:
• volkslied

Vertaling:
Engels: nation
Nederlands: volk, natie, lieden
Venda: lushaka, vathu
Xhosa: isizwe, uhlanga, abantu
Zoeloe: isizwe, isikhumbi, abantu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: posisie
Volgende onderwerp: energie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 14:43:22 MGT 2024