Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » diep
diep [boodskap #126239] Di, 28 Mei 2019 18:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
diep
Afbreking: diep
Uitspraak: /dip/




Byvoeglike naamwoord: diep
Vergrotende trap: dieper
Oortreffende trap: diepste
Attributief: diepe
Intensief: enkeldiep, kniediep

Betekenis:
• Ver van die bodem af; diepliggend.
• 'n Lae, growwe stem.
• 'n Kleur wat donker is.
• 'n Erge graad van iets.

Gebruik:
• Hy swem aan die diep kant van die swembad.
• Morgan Freeman is bekend vir sy diep stem.
• Die see is diep blou. Die velskoenblaar se blare is diep groen bo, met pienk en rooi kolle onder.
• Met diep gevoelens van spyt en skuld stuur ek jou hierdie skrywe.

Spreekwoord:
• Hy trap diep spore. [Baie uitvoer.]
• Sy raak in diep water. [In die moeilikheid kom.]
• Jy moet diep in jou sak vat. [Baie geld uitgee.]
• Hy steek sy hand diep in sy sak. [Hy gee of betaal baie vir iets.]
• Sy kyk te diep in die glasie. [Hy hou baie van drank.]
• Iemand kyk diep in die bottel. [Hy drink graag.]

Antoniem:
• vlak

Afgelei:
• diepbord
• diepmyn
• dieprooi
• diepvries

Vertaling:
Engels: deep; low; deep; intense, profound
Nederlands: diep

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: leer
Volgende onderwerp: lae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 10:43:08 MGT 2024