Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » leer
leer [boodskap #126238] Di, 28 Mei 2019 15:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Man op 'n leer.
'n Man op 'n leer.
leer
Afbreking: leer
Uitspraak: /lɪər/




Selfstandige naamwoord: leer
Meervoud: lere
Verkleinwoord: leertjie
Meervoud van verkleining: leertjies

Betekenis:
• (gereedskap) Klimtoestel met twee ewewydige balke en dwarsstukke (sporte) waarop mens klim om hoër by te kom.
• (kleding) 'n Stof van gelooide diervel (waarmee klere, skoene, ens. gemaak word).
• 'n Haakplek in 'n kous (waarvan die skeur soos die klimtoestel lyk).
• Teorie of doktrine; dit wat geleer word.

Gebruik:
• Moenie van die leer afval nie.
• Die bank is met leer oorgetrek.
• Haar kous het 'n leer in.
• Anders as die Rooms-Katolieke, baseer die Protestantisme sy leer op die Skrif alleen.

Spreekwoord:
• Die natuur is sterker as die leer. [Ten spyte van geleerdheid doen mense nog steeds dinge instinktief.]
• Van anderman se leer is dit lekker om breë rieme te sny. [Dit is lekker om iemand anders se goed kwistig te gebruik.]

Vertaling:
Engels: ladder, leather, leer, leder, doctrine, lore
Nederlands: leer, ladder

'n Kind wat leer.
'n Kind wat leer.

Werkwoord: leer
Verlede tyd: het geleer

Betekenis:
• Kennis en vaardighede verwerf; aanleer; in die geheue opneem en jou eie maak.
• Kennis en vaardighede oordra; onderrig; les gee.
• 'n Kous wat skeur.

Gebruik:
• Ek skryf môre eksamen en sal moet leer.
• Ek sal jou leer hoe die storie werk.
• My kous het geleer.

Spreekwoord:
• Nood leer bid. [Moeilikheid maak 'n mens vindingryk.]
• Ek moet hom die abc leer. [Om 'n baie onkundige persoon in elementêre sake reg te help.]
• In nood leer 'n mens jou vriende ken. [Iemand wat jou ook in ware omstandighede bystaan, is 'n ware vriend.]
• Jy wil jou ouma die paplepel leer vashou. ['n Ervare persoon probeer leer.]
• Al doende leer 'n mens. [Deur 'n ding te doen, leer jy dit goed doen.]
• Armoede leer bene kou. [Deur armoede leer 'n mens om vindingryk te wees.]
• Armoede leer 'n hond rou rieme vreet. [Armoede dwing jou om dinge te gebruik wat jy in beter omstandighede nooit sou gebruik nie.]

Vertaling:
Engels: to learn; study, teach; run
Nederlands: leren; leren, onderwijzen; ladderen

Nota:
• Moenie met "leër" of "lêer" verwar word nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Nederlands
Volgende onderwerp: diep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 23:38:54 MGT 2024