Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toon
toon [boodskap #126147] Sa, 25 Mei 2019 06:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Tone
Tone
toon
Afbreking: toon




Selfstandige naamwoord: toon
Meervoud: tone
Verkleinwoord: toontjie
Meervoud van verkleining: toontjies

Betekenis:
• (anatomie) Een van die vyf lede aan die punt van die voet.
• (musiek) 'n Klank met 'n bepaalde herkenbare hoogte; trilling met 'n frekwensie; intonasie.
• Manier waarop 'n mens praat; intonasie in die gesproke taal.

Gebruik:
• Ek het my toon blou gestamp.
• Die toonhoogte van die laer tone word laer namate klankdruk toeneem.
• Die verkoopsman het 'n irriterende toon.

Spreekwoord:
• Hy gee die toon aan. [Die leiding gee.]

Afgelei:
• langtoon
• groottoon
• toondoofheid

Vertaling:
Engels: toe, tone, pitch, sound
Frans: orteil
Nederlands: teen


Werkwoord: toon
Verlede tyd: het getoon
Teenwoordige deelwoord: tonende

Betekenis:
• (formeel) Iets wys; aandui; laat sien; duidelik maak.

Gebruik:
• Hy toon sy paspoort aan die polisiebeampte.
• Dit toon hoe moedig en bevoeg hy werklik was.

Afgelei:
• aantoon
• betoon
• toonbank
• toonbeeld

Vertaling:
Engels: to show, display, exhibit
Nederlands: tonen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verower
Volgende onderwerp: gemeenskap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 03:33:23 MGT 2024