Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vlak
vlak [boodskap #126144] Vr, 24 Mei 2019 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vlak
Afbreking: vlak
Uitspraak: /flak/




Selfstandige naamwoord: vlak
Meervoud: vlakke
Verkleinwoord: vlakkie
Meervoud van verkleining: vlakkies

Betekenis:
• 'n Plat oppervlakte of gelykte.
• Peil; standaard; graad.

Gebruik:
• Op watter vlak van die parkade het jy gestop?
• Die kinders se vlak van taalbeheersing laat veel te wense oor.

Hiponiem:
• raakvlak
• seevlak
• sitvlak
• snyvlak
• syvlak
• werkvlak

Vertaling:
Engels: level, plane, surface
Nederlands: vlak


Byvoeglike naamwoord: vlak
Vergrotende trap: vlakker
Oortreffende trap: vlakste
Attributief: vlak

Betekenis:
• Naby aan die grond; nie diep nie.

Gebruik:
• Hy het die brak is in 'n vlak graf begrawe.

Sinoniem:
• ondiep

Antoniem:
• diep

Vertaling:
Engels: shallow
Nederlands: ondiep


Bywoord: vlak

Betekenis:
• Baie naby.

Gebruik:
• Die pen lê vlak voor jou, as dit 'n slang was het dit jou gepik.

Vertaling:
Engels: directly, close (near) by
Nederlands: vlak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lys
Volgende onderwerp: verskaf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 09:29:48 MGT 2024