Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vinnig
vinnig [boodskap #126136] Vr, 24 Mei 2019 13:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18934
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vinnig
Afbreking: vin•nig




Byvoeglike naamwoord: vinnig
Vergrotende trap: vinniger
Oortreffende trap: vinnigste
Attributief: vinnige
Partitief: vinnigs
Intensief: blitsvinnig, helvinnig, kwikvinnig

Betekenis:
• Met 'n hoë spoed.
• In 'n kort tyd.

Gebruik:
• Hy ry heeltemal te vinnig. Sy hardloop vinnig weg.
• Ons het nie baie tyd nie, jy moet vinnig klaarmaak.

Vergelyking:
• So vinnig soos blits.
• So vinnig soos die wind.

Sinoniem:
• blitsig
• blitssnel
• snelvoetig
• flink
• gou
• prestissimo
• snel
• spoedig
• tjop-tjop
• vlugtig

Antoniem:
• stadig
• langsaam

Vertaling:
Engels: quick, fast, rapid, swift
Nederlands: vinnig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: proses
Volgende onderwerp: beter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 14:49:10 MGT 2024