Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beter
beter [boodskap #126137] Vr, 24 Mei 2019 13:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beter
Afbreking: be•ter
Uitspraak: /ˈbɪətər/




Byvoeglike naamwoord: goed
Vergrotende trap: beter
Oortreffende trap: beste
Attributief: goeie
Partitief: goeds

Betekenis:
• Vergrotende trap van goed. Meer goed, maar nog nie die beste nie.

Gebruik:
• Ek voel nog siek, maar behoort môre beter te wees.

Antoniem:
• slegter

Spreekwoord:
• Hy is nou beter af. [In 'n gunstiger posisie.]
• 'n Halwe eier is beter as 'n leë dop. [Iets gerings is beter as totaal niks.]
• 'n Ons geluk is beter as 'n pond verstand. [Geluk help baie keer meer as verstand.]
• Twee koppe is beter as een. [Twee mense kan beter oor 'n saak besluit as een.]
• Van agter beter lyk as van voor. [Lelik wees.]
• Daar kom altyd beter skepe in as wat daar uitgaan. [Daar kan altyd nog beter kanse kom.]
• Dis beter om vandag die hoender te hê as môre die eier. [Iets wat jy het, is waardevoller as iets wat jy dalk kan kry.]
• Een ons praktyk is beter as 'n pond teorie. [Ervaring beteken dikwels baie meer as kennis.]
• Een voël in die hand is beter as tien in die lug. [Wat seker is, is bo die onsekere te verkies.]
• Goedkoop ink is beter as 'n duur boodskap. ['n Skriftelike boodskap kan nie verkeerd verstaan word nie.]
• Klein baas is beter as groot kneg. [Dis beter om selfstandig te wees, al is dit op klein skaal, as om 'n dienaar van ander te wees]
• 'n Man van toet, was hy beter dan was hy goed. ['n Niksbeduidende persoon.]
• Voorkoming is beter as genesing. [Dit is beter om iets te probeer verhoed as om met die gevolge daarvan te doen te hê.]

Vertaling:
Engels: better
Nederlands: beter
Xhosa: ngcono


Werkwoord: beter
Verlede tyd:

Betekenis:
• Behoort; moet.
• Verbeter.

Gebruik:
• Jy beter!
• God beter dit!

Vertaling:
Engels: to better
Nederlands: beteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vinnig
Volgende onderwerp: beskik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:24:18 MGT 2024