Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kind
kind [boodskap #126053] Di, 21 Mei 2019 06:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kinders wat in die water speel.
Kinders wat in die water speel.
kind
Afbreking: kind
Uitspraak: /kənt/




Selfstandige naamwoord: kind
Meervoud: kinders
Verkleinwoord: kindjie
Meervoud van verkleining: kindjies

Betekenis:
• Die afstammeling van menslike ouers.
• Jong, onervare menslike wese; seun of dogter in die algemeen.

Gebruik:
• Ek het jou lief want jy is my kind.
Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is vir mense soos hulle.

Spreekwoord:
• Hy het kind nog kraai. [Geen bloedverwante hê nie.]
• Die kind met die badwater uitgooi. [Die goeie saam met die slegte verloor.]
• Met 'n kind en 'n steeks perd moet jy nooit spog nie. [Kinders en perde is onvoorspelbaar.]
• Uit die mond van die kind, sal jy die waarheid hoor. ['n Kind sê wat hy dink en steek niks weg nie.]
• Wie die roede spaar, bederf die kind. [Om 'n kind behoorlik groot te maak, moet hy gestraf word as hy dit verdien.]
• Die kind se naam is Wit Willem. ['n Saak is afgehandel en daar kan niks meer aan gedoen word nie (hy is nou klaar met dié naam gedoop).

Afgelei:
• kinderlik
• kinderagtig
• kinds
• weeskind

Vertaling:
Engels: child, kid, infant
Nederlands: kind
Sotho: ngwana
Venda: ṅwana, mwana
Xhosa: umntwana
Zoeloe: ingane

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tradisionele
Volgende onderwerp: teenoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 03:16:15 MGT 2024