As SARVU swig [boodskap #13759 is 'n antwoord op boodskap #13760] |
Do, 02 April 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
As SARVU moet swig onder die huidige onregmatige druk sou dit beteken dat
ons regstaat van korte duur was en dat dit vervang is deur "mob rule".
SARVU het sy reg uitgeoefen om die regmatigheid van 'n regeringshandeling in
'n hof te laat toets.
Dit blyk toe dat die handeling miskien nie so regmatig was nie. Dit blyk ook
dat die getuienis wat die president van die land gelewer het miskien nie so
betroubaar is nie.
Die hof sal binnekort moet uitspraak lewer oor die betroubaarheid van die
getuienis wat die president gelewer het. Maar dit is ter sake dat dit
wesenlik dieselfde ding was wat Nixon tot 'n val gebring het - en wat
Clinton se situasie bedreig.
Die reaksie van die "mob" is om die stuipe te kry omdat die president se
optrede enigsins in 'n hof bevraagteken is. Nou word SARVU se bestuur
afgedreig om te bedank en, let wel, die hofsaak terug te trek. Want die
enigste manier om te verhoed dat daar nou uitspraak gelewer word oor die
president se getuienis, is as die klaer die klag terugtrek, en die hofsaak
geskrap word. En let wel: die agbare minister van sport sê sy steun toe aan
die "mob".
SARVU se teenstanders beweer aanmekaar dat hy die ondersoek oor sy
bedrywighede onbelemmerd sal laat voortgaan as hy niks het om weg te steek
nie.
Die omgekeerde lyk my nog meer waar - SARVU se teenstanders sal sy hofsaak
onbelemmerd laat voortgaan om die regmatigheid van hulle optrede te toets as
hulle niks het om voor skaam te wees nie.
As SARVU moet swig in hierdie saak, sal dit beteken dat ons handves van
fundamentele regte 'n klug geword het omdat die regering wat die plig het om
dit te handhaaf nie die wil het om dit te doen nie.
Dit sal ons sit net waar ons was voor 1994. Miskien erger.
_Dit_ dink ek, sal miskien 'n aanduiding wees dat dit tyd is om een van twee
dinge te doen: om te emigreer of om met groot haas 'n onafhanklike volkstaat
af te stig.
Leendert
|
|
|
|
Re: As SARVU swig [boodskap #13761 is 'n antwoord op boodskap #13760] |
Do, 02 April 1998 00:00 |
chohne
Boodskappe: 19 Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hierdie bek moet jêm kry.
Leendert van Oostrum wrote in message ...
> As SARVU moet swig onder die huidige onregmatige druk sou dit beteken dat
> ons regstaat van korte duur was en dat dit vervang is deur "mob rule".
|
|
|