Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lewer
lewer [boodskap #126006] So, 19 Mei 2019 14:21
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18934
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewer
Afbreking: le•wer




Werkwoord: lewer
Verlede tyd: het gelewer

Betekenis:
• Goedere of dienste beskikbaar maak; verskaf of voorsien.

Gebruik:
• Hy lewer meel aan bakkerye.
• Sy lewer 'n toespraak.

Afgelei:
• aflewer
• inlewer
• oplewer
• lewering
• uitlewer

Vertaling:
Engels: to deliver
Nederlands: leveren

Biopsie van die menslike lewer.
Biopsie van die menslike lewer.

Selfstandige naamwoord: lewer
Meervoud: lewers
Verkleinwoord: lewertjie
Meervoud van verkleining: lewertjies

Betekenis:
• Groot orgaan in die middel van die liggaam wat belangrike chemiese funksies vervul.

Gebruik:
• Die lewer is een van die essensiële organe van diere wat die bloed skoonmaak.
• Die lewer lê regs onder die diafragma en word deur die onderste ribbes beskerm.

Spreekwoord:
• Hy het 'n wit lewer. [Hy het twee of meer huweliksmaats oorleef.]
• 'n Vlieg het oor sy lewer geloop. [Hy is in 'n slegte bui.]
• Wat het oor jou lewer geloop? [Wat het jou oorgekom dat jy so nukkerig is?]

Hiperoniem:
• klier
• orgaan

Afgelei:
• lewerkoekie
• lewersiekte

Vertaling:
Engels: liver
Nederlands: lever

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eerder
Volgende onderwerp: verwerf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 14:31:38 MGT 2024