Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bundel
bundel [boodskap #125991] So, 19 Mei 2019 09:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bundel
Afbreking: bun•del
Uitspraak: /ˈbœn.dəl/




Selfstandige naamwoord: bundel
Meervoud: bundels
Verkleinwoord: bundeltjie
Meervoud van verkleining: bundeltjies

Betekenis:
• 'n Versameling tekste (soos verhale of gedigte) wat in 'n drukwerk versamel is.
• (raar) 'n Versameling van saamgebinde goed in die algemene sin; 'n bondel.

Gebruik:
• Dit is sy eerste bundel met prosa wat gepubliseer is. Hierdie bundel van kortverhale is vir die Eugène Maraisprys genomineer.
• Die soekligte word aangesit, bundels van lig skiet die nagruim in. Sy het 'n bundeltjie tydskrifte meegeneem hotel toe.

Vertaling:
Engels: bundle, collection, volume
Nederlands: bundel

Nota:
• Die 2de definisie word nie baie gebruik nie. Gebruik eerder bondel (soos in Kaboedel-bondel).


Werkwoord: bundel
Verlede tyd: het gebundel

Betekenis:
• Tekste vir uitgawe saamvoeg; boekstaaf.

Gebruik:
• Die digter is besig om al sy gedigte te bundel.

Vertaling:
Engels: to bundle
Nederlands: bundelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: getroud
Volgende onderwerp: altyd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 03:37:28 MGT 2024