Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » altyd
altyd [boodskap #125992] So, 19 Mei 2019 09:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
altyd
Afbreking: al•tyd




Bywoord: altyd

Betekenis:
• Op enige moment; sonder ophou; steeds; voortdurend.
• Telkens van voor af; weer opnuut.

Gebruik:
• Ons sal altyd van jou hou. Dit kan altyd gebeur.
• Sy kom altyd laat.

Spreekwoord:
Altyd 'n eiertjie bylê. [Altyd in die rede val om iets te sê.]
Altyd op dieselfde aambeeld hamer. [Tot vervelens toe oor dieselfde onderwerp praat.]
Altyd op dieselfde snaar speel. [Altyd oor dieselfde onderwerp praat.]
• Berou kom altyd te laat. [Eers wanneer iets klaar gebeur het, is 'n mens spyt daaroor.]
• Daar is altyd geluk by die ongeluk. [Selfs in teenspoed is daar iets waarvoor 'n mens dankbaar moet wees.]
• Daar kom altyd beter skepe in as wat daar uitgaan. [Daar kan altyd nog beter kanse kom.]
• Die boog kan nie altyd gespanne bly nie. ['n Bietjie rus en ontspanning is ook nodig.]
• Dis nie altyd die mooiste blom waar die by om draai nie. [Deug is meer werd as 'n mooi gesiggie.]
• Hy is altyd die voorperd. [Hy is die leier; hy is die belhamel.]
• Hy kyk altyd met Argusoë. [Besonder waaksaam en oplettend.]
• Hy sing altyd dieselfde gesang. [Hy kom altyd met dieselfde ou storie.]
• Hy wil altyd die laaste woord hê. [Hy wil nie ingee nie.]
• Hy wil altyd 'n stertjie aanlas. [Hy jok altyd iets by.]
• 'n Boom gooi altyd 'n skaduwee. [Ouers het altyd 'n invloed op hul kinders.]
• 'n Kat val altyd op sy pote. [Hy red hom altyd uit die moeilikheid.]
• 'n Mens kan van 'n esel altyd 'n skop verwag. ['n Mens kan verwag dat 'n slegte persoon jou sleg sal behandel.]
• n Nuwe besem vee altyd skoon. [n Nuwe werk word altyd met ywer aangepak.]
• 'n Vlieënde kraai het altyd iets. [Iemand wat baie rondgaan, vind altyd iets uit of kry iets in sy voordeel.]
• Pap word altyd warmer gekook as wat dit geëet word. ['n Saak word altyd erger gemaak as wat dit is.]
• Spyt is 'n goeie ding, maar dit kom altyd te laat. ['n Mens het slegs berou nadat 'n saak reeds verbrou is.]
• Sy haan moet altyd koning kraai. [Hy moet altyd sy sin kry.]
• Sy hande jeuk altyd. [Hy het baie lus om iets te doen.]

Sinoniem:
• aanhoudend
• alewig
• altoos
• voortdurend

Antoniem:
• nooit

Vertaling:
Engels: always, for ever
Nederlands: altijd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bundel
Volgende onderwerp: naas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 03:30:28 MGT 2024