Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kuns
kuns [boodskap #125984] Sa, 18 Mei 2019 20:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kuns
Afbreking: kuns




Selfstandige naamwoord: kuns
Meervoud: kunste
Verkleinwoord: kunsie
Meervoud van verkleining: kunsies

Betekenis:
• Musiek, skilderye en beelde wat deur kunstenaars gemaak word en vir mense mooi is.
• 'n Besondere vaardigheid; bekwaamheid; behendigheid of gawe om iets te doen.

Gebruik:
• Rembrandt se kuns word in die galery uitgestel.
• Dis 'n kuns om lekker kos te kan maak. Hy het die kuns van programmering bemeester.

Spreekwoord:
• Die boer die kuns afvra. [Om 'n geheim te probeer uitvis.]
• Met kuns- en vliegwerk iets doen. [Met allerhande onnatuurlike middele iets doen.]
• Slegsê is geen kuns nie. [Dis maklik om iemand sleg te sê, maar jy kan ook sleggemaak word.]

Afgelei:
• kunsgalery
• kunsliefhebber
• kunstenaar
• kunstig
• kunsvlyt
• kunswerk

Vertaling:
Engels: art
Nederlands: kunst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wou
Volgende onderwerp: trek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 17:28:54 MGT 2024