Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » trek
trek [boodskap #125985] So, 19 Mei 2019 07:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Toutrek
Toutrek
trek
Afbreking: trek
Uitspraak: /træk/




Werkwoord: trek
Verlede tyd: het getrek
Teenwoordige deelwoord: trekkende

Betekenis:
• 'n Krag op 'n voorwerp uitoefen sodat dit nader aan jou beweeg.
• Uithaal; verwyder.
• Uitdrukking van die gesig.
• 'n Lyn teken.
• Ander mense met iets interessants lok.
• Gelaatstrek/ familietrek; soos iemand (in jou familie) lyk.
• Verhuis; met jou besitting na 'n ander plek verkas.

Gebruik:
Trek die kos nader voordat jy skep.
• Ons sal die tand moet trek. Trek geld van jou rekening.
• Moenie jou gesig so trek nie.
Trek 'n streep onder die regte woord.
• Moenie so aandag trek nie.
• Jy trek baie na jou ma.
• Ons trek volgende week Bloemfontein toe.

Spreekwoord:
• Aan die kortste end trek. [Die slegste daaraan toe wees.]
• Die gewillige perd moet die kar trek. [Die gewilliges moet altyd alles doen.]
• Die sluise van die hemel trek oop. [Dit reën vreeslik hard en baie.]
• Die wa deur die drif trek. [Daarin slaag om 'n moeilike taak te verrig of 'n probleem op te los.]
• Hulle trek in dieselfde juk. [Werk saam of stem saam.]
• Hy het nie 'n draad om aan te trek nie. [Geen klere hê nie.]
• Hy trek al weer toutjies. [In die geheim 'n saak bevorder.]
• Hy trek haar 'n streep. [Hy bak 'n poets.]
• Hy trek my been. [Die persoon terg of goedig spot.]
• Hy trek my siel uit. [Iemand terg.]
• Hy trek noustrop. [Swaar kry; baie harde werk.]
• Iemand deur die mosterd trek. [Iemand berispe.]
• Iemand die vel oor die ore trek. [Hom glad te veel laat betaal.]
• Jy kan hom deur 'n ring trek. [Hy is baie netjies aangetrek.]
• Jy moet die buikgord styf trek. [Jy het nie baie te ete nie.]
• 'n Mens kan hom deur 'n naald trek. [Hy is baie netjies aangetrek.]
• 'n Mens moet iewers 'n lyn trek. ['n Mens moet vasstel hoe ver gegaan mag word.]
• Sonder om 'n bek te trek. [Onskuldig en ongeërg.]
• Sonder om 'n gesig te trek. [Sonder om verleë te lyk of jou gevoelens te openbaar.]
• Sy hart trek met 'n punt. [Hy verlang baie.]
• Waar daar 'n rokie trek, moet daar 'n vuurtjie brand. [Elke gerug het 'n kern van waarheid.]
• Woorde wek, maar voorbeelde trek. ['n Mens se goeie dade beteken meer as baie mooi woorde.]
• Vat jou goed en trek, Ferreira. [Loop, maak dat jy wegkom.]

Vertaling:
Engels: to pull, drag, haul, move
Frans: tirer
Nederlands: trekken


Selfstandige naamwoord: trek
Meervoud: trekke
Verkleinwoord: trekkie
Meervoud van verkleining: trekkies

Betekenis:
• 'n Rukbeweging na of weg van iets af.
• Eienskappe van jou ouers gekry.
• 'n Suigbeweging aan 'n sigaret of sigaar.
• Lugstroom; tog.

Gebruik:
• Jy kan die haartjie met een trek uitpluk.
• Die trek kom van jou ouma af.
• Die man gee een trek en sit sy sigaar in die asbakkie.
• Maak toe die deur, daar is 'n trek deur die huis.

Antoniem:
• stoot

Afgelei:
• Groot Trek

Vertaling:
Engels: pull; feature; journey, migration
Nederlands: trek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kuns
Volgende onderwerp: antieke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 18:10:46 MGT 2024