Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ster
ster [boodskap #125977] Sa, 18 Mei 2019 19:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18937
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kleurvolle ster.
'n Kleurvolle ster.
ster
Afbreking: ster




Selfstandige naamwoord: ster
Meervoud: sterre
Verkleinwoord: sterretjie
Meervoud van verkleining: sterretjies

Betekenis:
• (sterrekunde) 'n Helder hemelliggaam, 'n gasbal wat lig deur kernfusie uitstraal.
• 'n Vorm met vyf of ses punte wat soos die hemelliggaam lyk.
• 'n Bekende en beroemde persoon, hoofsaaklik gebruik vir vermaaklikheidspersone.
• Uitblinker; 'n Persoon wat besonder goed in iets is.

Gebruik:
• Die naaste ster aan die Aarde is die Son, wat die bron is van die grootste deel van die energie op die planeet.
• Die juffrou het 'n ster in haar boek geplak.
• Die paparazzi is warm op die ster se spoor.
• Jy is 'n ster!

Spreekwoord:
• Sy ster gaan op. [Hy styg in aansien.]
• Iemand se ster verbleek. [Iemand se aansien daal.]

Afgelei:
• filmster

Vertaling:
Engels: star
Nederlands: ster

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: persoon
Volgende onderwerp: klub
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 19:18:30 MGT 2024