Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bring
bring [boodskap #125966] Sa, 18 Mei 2019 15:54
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18936
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bring
Afbreking: bring




Werkwoord: bring
Verlede tyd: het gebring
Teenwoordige deelwoord: bringende

Betekenis:
• Êrens heen gaan om iets of iemand daar af te gee; êrens heen neem; om af te lewer.
• In 'n bepaalde toestand laat.

Gebruik:
Bring asseblief die pampoene na die kombuis toe.
• Sy bring my net geluk. Hy bring altyd slegte nuus.

Spreekwoord:
• Aan die dag bring. [Bekend maak.]
• Aan die lig bring. [Openbaar maak.]
• Dit bring hom iets in die sak. [Hy trek voordeel daaruit.]
• Ek moet hom dit aan die verstand bring. [Iemand iets duidelik maak.]
• Haastig trou bring gou berou. ['n Paartjie moet mekaar eers goed leer ken voordat hulle trou.]
• Iemand onder dak bring. [Iemand van huisvesting voorsien.]
• Iets in die midde bring. [Iets ter sprake bring.]
• Iets op die been bring. [Tot stand laat kom.]
• Jy bring my van stryk af. [Jy ontstel my sodat ek nie my beste kan lewer nie.]
• Jy kan 'n perd by die water bring, maar jy kan hom nie maak drink nie. [Dwangmiddele is oneffektief.]
• Jy moet jou kant bring. [Jou deel bydra.]
• 'n Saak in die reine bring. [Die saak regmaak; 'n einde aan die moeilikheid bring.]
• Uile na Athene bring. [Onnodige werk doen.]

Sinoniem:
• aandra

Vertaling:
Engels: to bring, take, convey
Nederlands: brengen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: raad
Volgende onderwerp: oseaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 15:29:25 MGT 2024