Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oseaan
oseaan [boodskap #125967] Sa, 18 Mei 2019 16:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Stille Oseaan.
Die Stille Oseaan.
oseaan
Afbreking: o•se•aan




Selfstandige naamwoord: oseaan
Meervoud: oseane
Verkleinwoord: oseaantjie
Meervoud van verkleining: oseaantjies

Betekenis:
• 'n Groot wêreldsee tussen kontinente en wêrelddele wat (kleiner) seë kan bevat.

Gebruik:
• Die Stille Oseaan is die grootste oseaan ter wêreld.
• Hierdie oseaan beslaan ongeveer 'n derde van die aarde se oppervlak en byna die helfte van die wateroppervlak.

Spreekwoord:
• Hy probeer die oseaan leegdrink. [Hy probeer die onmoontlike doen.]

Hiponiem:
• Arktiese Oseaan
• Atlantiese Oseaan
• Indiese Oseaan
• Suidelike Oseaan
• Stille Oseaan

Afgelei:
• oseaanbesoedeling

Vertaling:
Engels: ocean
Nederlands: oceaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bring
Volgende onderwerp: minister
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 08:22:08 MGT 2024