Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wet
wet [boodskap #125953] Sa, 18 Mei 2019 10:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18930
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wet
Afbreking: wet
Uitspraak: /vɛt/




Selfstandige naamwoord: wet
Meervoud: wette
Verkleinwoord: wetjie
Meervoud van verkleining: wetjies

Betekenis:
• 'n Reël wat deur die regering daargestel is en deur almal gehoorsaam moet word.
• (wetenskap) Vaste proses in die natuur; reël wat gebruik word om 'n verskynsel te verklaar.
• (religie) Religieuse voorskrif; lewensreël.

Gebruik:
• As jy die wet oortree sal jy tronk toe gestuur word.
• Newton se derde wet sê dat daar vir elke aksie 'n gelyke maar teenoorgestelde reaksie is.
• God het sy wet op die berg Sinai aan Moses oorhandig.

Spreekwoord:
• Hy doen dit volgens die letter van die wet. [Presies soos die wet dit letterlik neerlê.]
• Nood breek wet. [In tyd van nood moet 'n mens soms iets doen wat ongeoorloof is.]
• 'n Wet van Mede en Perse. ['n Vaste wet wat geen uitsondering of afwyking toelaat nie.]

Homofoon:
• wed (om 'n kans te waag)

Afgelei:
• wetboek
• wetgetrou
• wetgewend
• wetgewer
• wetgewing
• wetlik
• wetteloos

Vertaling:
Engels: law, act
Nederlands: wet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oorspronklik
Volgende onderwerp: sterre
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 11:59:43 MGT 2024