Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verhaal
verhaal [boodskap #125902] Vr, 17 Mei 2019 06:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18930
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verhaal
Afbreking: ver•haal
Uitspraak: /fərˈɦɑːl/




Selfstandige naamwoord: verhaal
Meervoud: verhale
Verkleinwoord: verhaaltjie
Meervoud van verkleining: verhaaltjies

Betekenis:
• 'n Storie of vertelling; verslag van 'n ware of fiktiewe gebeurtenis.

Gebruik:
Alice se avonture in Wonderland is 'n verhaal wat aanvanklik aan drie dogtertjies op 'n uitstappie vertel is.
• Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal... [Somerkersfees, Koos du Plessis]

Sinoniem:
• storie
• vertelling

Hiponiem:
• kortverhaal
• kinderverhaal
• liefdesverhaal
• reisverhaal

Vertaling:
Engels: story, narrative, account
Nederlands: verhaal


Werkwoord: verhaal
Verlede tyd: het verhaal

Betekenis:
• Skadevergoeding eis; koste laat betaal; terugwin.
• (ongewoon) 'n Storie vertel, berig.

Gebruik:
• Die koste moet van die skuldige party verhaal word.
• Die apostel Paulus het verhaal hoe dat hy ook gedoen het wat nie reg is nie.

Vertaling:
Engels: to recover; to tell, narrate
Nederlands: verhalen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: val
Volgende onderwerp: suiplap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 11:18:45 MGT 2024