Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » val
val [boodskap #125901] Vr, 17 Mei 2019 06:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
val
Afbreking: val
Uitspraak: /fal/




Werkwoord: val
Verlede tyd: het geval
Teenwoordige deelwoord: vallende

Betekenis:
• Vinnige daling; onder die invloed van swaartekrag na die grond beweeg.
• Pla terwyl iemand besig is om te praat.
• Op 'n sekere tyd gebeur.

Gebruik:
• Die ruiter val van sy perd af.
• Moenie my in die rede val nie.
• Op watter dag val my verjaarsdag vanjaar?

Spreekwoord:
• As die hemel val, dra ons almal blou musse. [Gesê van iets wat onwaarskynlik is.]
• As die hemel val, is ons almal dood. [Gesê vir iemand wat allerhande onnodige moeilikhede voorsien.]
• As dit by my buurman reën, val die druppels ook op my. [My naaste se geluk laat my ook goed voel.]
• Deur die mat val. [Iets/iemand misluk/faal.]
• Die appel val nie ver van die boom nie. [Die kind is soos die pa of ma.]
• Die gordyn oor iets laat val. [Nie verder daaroor praat nie.]
• Die skille val van iemand se oë af. [Iemand begin verstaan.]
• Dit val in goeie aarde. [Die gewenste uitwerking hê.]
• Dit val uit die lug. [Onverwags verskyn.]
• Dit val sommer uit die wolke. [Onverwags verskyn.]
• Hoogmoed kom voor 'n val. ['n Hoogmoedige mens word verneder.]
• Hoog vlieg, laag val. [Bo jou inkomste lewe en dan bankrot speel.]
• Hy val in haar net. [Gevang of verlei word.]
• Hy val my in die rede. [Praat terwyl iemand anders praat.]
• In die val loop. [ Jou laat vang, betrap.]
• Jy kan 'n speld hoor val. [Dit was baie stil.]
• Jy moet eers val voor jy kan opstaan. ['n Mens moet eers teenspoed hê en swaarkry voordat jy suksesvol kan wees.]
• Met die deur in die huis val. [Sonder voorbereiding iets belangriks sê of doen.]
• 'n Kat val altyd op sy pote. [Hy red hom altyd uit die moeilikheid.]
• Soos die boom val, bly hy lê. [Gedane sake het geen keer nie.]
• Uit die hemel val. [Onverwags te voorskyn kom.]
• Van die hand in die tand, val die pap in die sand. [Op die laaste oomblik kan iets nog verkeerd gaan.]
• Van die lepel na die mond, val die pap op die grond. [Moet nooit te seker van iets wees nie.]
• Wie 'n put graaf vir 'n ander, val self daarin. [Wie 'n ander nadeel wil berokken, word self daardeur getref.]

Vertaling:
Engels: to fall, drop; to interrupt
Nederlands: vallen


Selfstandige naamwoord: val
Meervoud: valle
Verkleinwoord: valletjie
Meervoud van verkleining: valletjies

Betekenis:
• Die handeling wanneer iets of iemand val.
• Strik waarmee diere gevang word.
• 'n Stuk materiaal wat as versiering gebruik word.

Gebruik:
• Hy het sy been met 'n val gebreek.
• Die muis beland in die val.
• Die tafeldoek het 'n pragtige val.

Afgelei:
• muisval
• reënval
• sneeuval
• valdeur

Vertaling:
Engels: fall; frill; trap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: want
Volgende onderwerp: verhaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 05:59:47 MGT 2024