Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » want
want [boodskap #125900] Vr, 17 Mei 2019 06:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
want
Afbreking: want




Voegwoord: want

Betekenis:
• Gee neweskikkend 'n rede aan.

Gebruik:
• Ek wil 'n koeldrank hê, want ek is baie dors.

Spreekwoord:
• Praat gou, want ek woon ver. [Moenie so langdradig wees nie.]
• Sommer het nie rede nie, want skilpad dra nie vere nie. [Aan iemand gesê wat die rede vir sy optrede aangee as "sommer".]

Sinoniem:
• aangesien
• omdat

Homofoon:
• wand (muur)

Vertaling:
Engels: because, as for
Nederlands: want

Nota:
• Verbind twee sinne. Die volgorde van die sinsdeel ná "want" verander nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dogter
Volgende onderwerp: val
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:20:41 MGT 2024