Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verkoop
verkoop [boodskap #125890] Do, 16 Mei 2019 20:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkoop
Afbreking: ver•koop




Werkwoord: verkoop
Verlede tyd: het verkoop

Betekenis:
• Goedere teen betaling aan 'n nuwe eienaar gee.

Gebruik:
• Ek het my huis verkoop om my skuld af te betaal.

Antoniem:
• koop

Spreekwoord:
• Dit verkoop soos soetkoek. [Dit verkoop baie goed.]
• Iets vir 'n appel en 'n ei verkoop. [Iets spotgoedkoop verkoop.]
• Hy verkoop bog/kaf. [Hy praat onsin.]
• Romp en stomp verkoop. [Alles verkoop.]
• Ek het my lewe duur verkoop. [Jou met alle mag verweer.]
• Hy probeer appels vir vye verkoop. [Hy probeer iets aan my afsmeer met 'n kullery.]
• Iemand knolle vir sitroene verkoop. [Iemand allerhande dinge wys maak.]
• Iets voetstoots verkoop. [Sonder waarborg verkoop.]
• Jou eersgeboortereg vir 'n pot lensiesop verkoop. [Jou geestelike waarde en regte nie na behore waardeer en bewaar nie.]
• Sy siel en saligheid vir iets verkoop. [Vir niks terugdeins om sy doel te bereik nie.]
• Vir 'n oulap en 'n bokstert verkoop. [Baie goedkoop verkoop.]

Vertaling:
Engels: to sell
Nederlands: verkopen


Selfstandige naamwoord: verkoop
Meervoud: verkope
Verkleinwoord: verkopie
Meervoud van verkleining: verkopies

Betekenis:
• Die handeling van verkoop.

Gebruik:
• Die verkoop van die huis het goed afgeloop.

Antoniem:
• koop

Vertaling:
Engels: sale
Nederlands: verkoop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reeks
Volgende onderwerp: pa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 22:54:33 MGT 2024