Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lei
lei [boodskap #125883] Do, 16 Mei 2019 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lei
Afbreking: lei
Uitspraak: /lə̟i̯/




Werkwoord: lei
Verlede tyd: het gelei
Teenwoordige deelwoord: leiende, leidende
Verlede deelwoord: geleide

Betekenis:
• Om iets of iemand in 'n bepaalde rigting te laat beweeg; die weg aanwys; voor loop; rigting gee.
• Deurbring; manier hoe jy jou lewe leef.
• Bestuur; in beheer van iets wees.
• Iets tot gevolg hê.
• Met water natmaak (deelwoord van natlei).

Gebruik:
• Hy lei die bokke na die water.
• Sy lei 'n rustige lewe.
• Die dominee lei sy gemeente.
• 'n Ekonomiese ineensinking lei tot werkloosheid.
• Ons lei die akkers met voorwater nat.

Spreekwoord:
• Iemand om die bos lei. [Iemand bedrieg.]
• Iemand aan die neus lei. [Met hom doen wat jy wil.]
• Alle paaie lei na Rome. ['n Mens kan jou doel op verskillende maniere bereik.]
• Een blinde kan nie 'n ander lei nie. [Een onkundige persoon kan nie 'n ander help wat ook niks weet nie.]

Antoniem:
• volg

Homofoon:
• ly (pyn en lyding)

Afgelei:
• herlei
• leiding
• leier
• leipyp
• leivoor
• teruglei

Vertaling:
Engels: to lead, conduct, direct, guide
Nederlands: leiden


Selfstandige naamwoord: lei
Meervoud: leie

Betekenis:
• Leisteen; donkergrys, laagvormige plat klip.
• Skryfplaat van leisteen gemaak.

Gebruik:
• Die skoolkind maak somme met 'n griffel op lei.

Spreekwoord:
• Begin met 'n skoon lei. [Van nuuts af begin.]

Vertaling:
Engels: slate
Nederlands: lei

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: probeer
Volgende onderwerp: daarop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 08:07:30 MGT 2024