Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » min
min [boodskap #125866] Do, 16 Mei 2019 07:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
min
Afbreking: min




Byvoeglike naamwoord: min
Vergrotende trap: minder
Oortreffende trap: minste
Intensief: bloedmin, broodmin

Betekenis:
• Nie baie nie; weinig; in geringe mate.

Gebruik:
• Gaan skep, daar is min kos oor.
• Daar is min geld vir die maand oor.

Antoniem:
• baie

Vertaling:
Engels: little, few
Nederlands: weinig

Nota:
• Kan ook as 'n onbepaalde hooftelwoord geklassifiseer word.


Bywoord: min
Vergrotende trap: minder
Oortreffende trap: minste

Betekenis:
• Wat selde gebeur.
• Wat lig is en nie swaar weeg nie.

Gebruik:
• Ons braai heeltemal te min.
• Die pasgebore baba weeg min.

Spreekwoord:
• Hoor is min. [Hy wil nie luister nie.]
• Net so min soos die man in die maan. [Glad nie.]
• Niks vir niks en baie min vir 'n sikspens. [Vir alles moet kontant betaal word.]
• So min as ’n kat van saffraan. [Geen kennis hoegenaamd van iets hê nie.]
• So min van iets weet soos 'n aap van godsdiens. [Heeltemal niks weet van 'n saak nie]
• Te min om van te leef en te veel om van dood te gaan. ['n Baie skraal inkomste hê.]

Vertaling:
Engels: little
Nederlands: weinig


Bywoord: min

Betekenis:
• In die negatief.

Gebruik:
• Dit was min 3 grade buite.

Sinoniem:
• minus

Antoniem:
• plus

Vertaling:
Engels: minus
Nederlands: min, minus


Werkwoord: min
Verlede tyd: het gemin

Betekenis:
• Aftrek; verminderd met (-).
• Liefhê; bemin.

Gebruik:
• Drie min twee is een.
• Jesus min my.

Vertaling:
Engels: to minus; to love
Nederlands: min; beminnen


Selfstandige naamwoord: min
Meervoud: minne

Betekenis:
• In liefde.

Gebruik:
• Die kerkraad probeer die saak in der minne skik.

Vertaling:
Engels: love
Nederlands: beminnen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voltooi
Volgende onderwerp: Rusland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 07:48:57 MGT 2024