Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verbind
verbind [boodskap #125860] Do, 16 Mei 2019 06:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18927
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbind
Afbreking: ver•bind




Werkwoord: verbind
Verlede tyd: het verbind

Betekenis:
• Twee of meer voorwerpe of onderdele aan melkaar vasmaak; saamvoeg; aansluit.
• Medies behandel deur 'n verband om te sit.
• 'n Dwingende verpligting aangaan.
• Met iets of iemand kontak maak (soos per telefoon).
• Assosieer.

Gebruik:
• Die twee skepe word met 'n kabel verbind.
• Die verpleegster het die pasiënt sy wond verbind.
• Die man en vrou is in die eg verbind. Die maatskappy is verbind tot volhoubare ontwikkeling.
• Vroeër moes 'n telefonis oproepe per hand verbind.
• Die verdagte word met die wrede aanval verbind.

Afgelei:
• verbinding

Vertaling:
Engels: to join, connect, link; to bandage, bind, tie up; to put through
Nederlands: verbinden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meter
Volgende onderwerp: spesies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 01:30:06 MGT 2024