Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meter
meter [boodskap #125859] Do, 16 Mei 2019 06:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18922
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Parkeermeter.
'n Parkeermeter.
meter
Afbreking: me•ter




Selfstandige naamwoord: meter
Meervoud: meters
Verkleinwoord: metertjie
Meervoud van verkleining: metertjies

Betekenis:
• Die SI-basiseenheid van lengte, gelykstaande aan 100 cm of 1000 mm, simbool m.
• 'n Meetinstrument, gereedskap of toestel om groothede (mate, gewigte) te bepaal.
• 'n Persoon wat meetwerk doen of meters aflees.

Gebruik:
• Die muur is 2 meter hoog.
• Kyk dat die meter se wyser nie in die rooi gebied kom nie.
• Die meter neem een keer per maand die lesings.

Afkorting:
• m

Vertaling:
Engels: meter
Nederlands: meter

Nota:
• Al is die aantal meter in die meervoud, gebruik ons steeds "meter" [enkelvoud]: "Die swembad is 2 meter diep."
• "Meters" dui 'n onbepaalde aantal aan: "Die swembad was meters diep."

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: diens
Volgende onderwerp: verbind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 16:08:22 MGT 2024