Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » diens
diens [boodskap #125858] Do, 16 Mei 2019 06:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
diens
Afbreking: diens




Selfstandige naamwoord: diens
Meervoud: dienste
Verkleinwoord: diensie
Meervoud van verkleining: diensies

Betekenis:
• 'n Betrekking; werk verrig of hulp verleen.
• 'n Diensverlenende instansie; die werk wat 'n spesifieke afdeling of organisasie lewer.
• 'n Militêre of maatskaplike verpligting uitvoer; diensplig.
• 'n Kerk- of ander gewyde geleentheid.

Gebruik:
• Sy het 10 jaar diens. Ons moet nog mense in diens neem.
• Die weerdiens is maar power. Mense wat noodsaaklike dienste verrig mag nie staak nie.
• Hy het militêre diens in Angola verrig. Watter suster is aan diens by die hospitaal?
• Die "Onse Vader" word aan die einde van die diens gesing.

Spreekwoord:
• Die een diens is die ander werd. [As jy iemand help, behoort hy jou weer te help.]

Hiponiem:
• koerierdiens
• liefdesdiens
• vliegdiens
• uitsaaidiens

Afgelei:
• diensbaar
• dienslewering
• diensorganisasie

Vertaling:
Engels: service, duty, function
Nederlands: dienst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rooi
Volgende onderwerp: meter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 11:44:06 MGT 2024