Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wel (wél)
wel [boodskap #125850] Wo, 15 Mei 2019 18:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18916
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wel
Afbreking: wel




Bywoord: wel
Vergrotende trap: beter
Oortreffende trap: beste

Betekenis:
• Goed; soos dit hoort; gesond.
• Regtig; inderdaad.

Gebruik:
• Gaan dit wel? Alles wel, dankie.
• Hy het wel opgedaag?

Spreekwoord:
• Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel. [Leuens kom altyd uit.]
• Die beste perd struikel ook wel. [Elkeen kan 'n fout begaan.]
• 'n Ou bok lus ook wel 'n groen blaartjie. [n Ouerige mens hou ook van iets lekkers.]

Vertaling:
Engels: well
Nederlands: wel


Werkwoord: wel
Verlede tyd: het gewel

Betekenis:
• Opborrel; ontspring.

Gebruik:
• Die emosie wel in my op.
• Die water wel by die fontein uit.

Vertaling:
Engels: to well
Nederlands: wellen


Tussenwerpsel: wel

Betekenis:
• Druk verbasing of verwondering uit.

Gebruik:
Wel, wel, wat het ons hier!

Vertaling:
Engels: well
Nederlands: wel


Selfstandige naamwoord: wel
Meervoud:

Betekenis:
• Die voor- en teenspoed van die lewe.

Gebruik:
Vyfster handel oor die wel en wee van die gevangenes en tronkbewaarders.

Vertaling:
Engels: well
Nederlands: wel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: historiese
Volgende onderwerp: predikant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 12:23:33 MGT 2024